The influence of ants on the dispersal distance and seedling recruitment of Leucospermum conocarpodendron (L.) Buek (Proteaceae)
Аннотация
Leucospermum conocarpodendron (L.) Buek has seeds (achenes) which are dispersed by ants. Removal of the elaiosomes (ant attractant food bodies) had no effect on the germination in nursery experiments. In replicated field experiments, however, removal of the elaiosomes resulted in complete failure of seedling emergence after fire. Sixty-one seedlings emerged from sample piles of intact seed compared with only one where elaiosomes were removed. Seedlings tended to emerge in groups (median of three seedlings per group) and mostly near the sample sites. Dispersal distances were short. The median seedling distance from sample marker pegs was 1,7 m, the mean was 2,52 m and the maximum 9,84 m. The two dominant elaiosome gathering ants, Pheidole capensis (Mayr) and Anoplolepis steingroeveri (Forel), were equally effective dispersers but seedlings associated with A. steingroeveri nests were more clustered. The ecological implications of obligatory dependence of Leucospermum conocarpodendron on seed burial by ants are discussed together with the biogeographic implications of the absence of long-distance dispersal mechanisms in myrmecochorous Proteaceae. Leucospermum conocarpodendron (L.) Buek het sade (dopvrugte) wat deur miere versprei word. Die verwydering van die elaiosomes (mierlokkende voedsel-liggaam) het geen invloed op die ontkieming in kwekery-eksperimente nie. In veldeksperimente met replikate het die verwydering van elaiosomes, saailingopslag geheel en al onderdruk na brand. Een-en-sestig saailinge het opgeslaan uit ’n monster volledige sade terwyl net een opgeslaan het na die elaiosomes verwyder is. Saailinge het verskyn in groepe (mediaan drie per groep) meestal naby monsterareas. Verspreidingsafstand was kort. Die mediaan-saailingafstand vanaf monstermerkpenne was 1,7 m en die gemiddelde 2,52 m en die maksimum 9,84 m. Die twee dominante elaiosome-versamelende miere, Pheidole capensis (Mayr) en Anoplolepis steingroeveri (Forel) was ewe effektiewe verspreiders maar saailinge geassosieerd met A. steingroeveri-neste was meer in groepe bymekaar. Die ekologiese implikasies van verpligte afhanklikheid van Leucospermum conocarpodendron op die begrawe van saad deur miere word bespreek saam met die implikasies van die afwesigheid van langafstand verspreidingsmeganismes in mierverspreide Proteaceae.
Перевод пока недоступен